Welkom by
Soutpansberg Bonsmara

Ons is slegs 'n klipgooi gelee van die Mara Navorsingstasie waar Dr Bonsma amper 'n dekade gelede geskiedenis gemaak het met die ontwikkeling van hierdie uitnemende ras.
Welkom by <br/>Soutpansberg Bonsmara

Passie maak 'n verskil...

Soutpansberg Bonsmara is in 2009 geregistreer nadat ons fokus sedert 2006 van Afrikaner / Simmentalers verskuif het na die Bonsmara ras. Die plaas Spitskop, waar Soutpansberg Bonsmara ontstaan het, is reg langs die Mara Navorsingsentrum geleë en deel ‘n grensdraad. Hierdie area is bekend as een van die strafste gebiede vir siektes soos Hartwater, Asiatiese- en Afrika Rooiwater en Galsiekte.


Ons het reeds vanaf 2011 deel geneem aan gesamentlike produksieveilings as lid van Tussen-i-Berge Bonsmara en ons eerste eie bulveiling is in September 2015 op die plaas De Ruigte aangebied met groot sukses.

Meer oor ons..

ons teelbeleid is diversiteit

Ons glo aan kudde diversiteit. Teelmateriaal, gewerf vanaf top gevestigde telers word in hierdie kudde gebruik. Toespitsing op kunsmatigeinseminasie verseker die Soutpansberg Bonsmarakudde se genetiese vordering en –variasie. Die BenguFarm Genetics tellings bestuur module word ook ingespan om genetiese teeldoelwitte te bereik.


Alle bul kalwers word aan ‘n Fase D toets onderwerp. Hierdie bulle kan met vrymoedigheid in enige kudde gebruik word. Streng seleksie word toegepas en enige bul wat nie aan ons kudde standaard voldoen nie, al het hy die toets deur gekom, word uitgeskot.


Ons besef die waarde van goeie vertroue tussen koper en verkoper: eerlike besigheidbeginsels en goeie dienslewering is die steunpilare waarop Soutpansberg Bonsmara ‘n lojale kliënte basis bou.

2017 Produksie Veiling...

2017 Veiling Voorskou

Hier is 'n seleksie van ons bestuur se gunsteling bulle op ons veiling.

Lot NR. 1

BBP 140272

Die breedste bul in die aanbieding

Hierdie bul is voorwaar die breedste bul in die aanbieding. Hy is een blok vleis.Sy vaar is FCT000065..

lees meer oor Lot 1...

BBP 140364

Die hoogste GDT indeks van 144

‘n Netjiese gladde haar bul met goeie diepte en breedte en lengte daarby.  Sy vaar is MGH110018 wat eens die...

lees meer oor Lot 3...

Lot NR. 3
Lot NR. 4

BBP 140255

Voorblad bul!

Hier is daai voorblad bul!  Hy is donker, diep, breed en vol vleis oral. Sy los vel om sy nek...

lees meer oor Lot 4...

BBP 150040

Donker bul - seun van AG060160.

‘n Gladde haar, donker bul en seun van AG060160. Hy is vol vleis en breed tussen die oë wat dan ook regoor...

lees meer oor Lot 5...

Lot NR. 5
Lot NR. 6

JMP 120159

‘n Lang, breë, dik bul wat teel soos hy lyk

JMP120159 se gesoute kuddevaar, NFS080032, word deur Marloo Bonsmaras gekoop van Sernick ... 

lees meer oor Lot 6...

BBP 140336

Donker rooi bul met “baard”

‘n Bespierde bul en seun van AG100092 wat aan vader en moederskant gelynteel is met AG980338...

lees meer oor Lot 7...

Lot NR. 7
Lot NR. 8

BBP 140379

‘n Opvallende bul met goeie bespiering

Sy vaar is AG050366 wat stam uit RCO000091, AG980338 en dan van uit RCO000091 se kant stam hy af van...

lees meer oor Lot 8...

BBP 140250

Diep, donker, lang en breë bul. Hy dra vleis!

Soms wonder mens hoekom mens so ‘n bul nog nie gebruik het in jou eie kudde nie? Sy vaar MMJ030164,..

lees meer oor Lot 9...

Lot NR. 9
Lot NR. 11

BBP 140423

Seun van AG060160 en JMP koei

Nog ‘n AG060160 seun. Die keer by ‘n JMP koei van Jaap Prinsloo. ‘n Lang bul met goeie diepte en gladde vel...

lees meer oor Lot 11...

BBP 140437

‘n Seun van BBP110169 (vaar AG040289)

‘n Seun van BBP110169 (vaar AG040289) wat aan Bernardo Fivaz van Hoedspruit verkoop is. Hy is donker..

lees meer oor Lot 12...

Lot NR. 12
Lot NR. 13

BBP 150084

Top syfers

Breedte en diepte met die eerste oogopslag. Alhoewel die bul die tweede jongste bul van die veilings...

lees meer oor Lot 13...

BBP 150036

Nie te koop nie

Die bul praat van self. Hy is donker, lank, diep met ‘n skof en breed oor die rug en boude. Nog ‘n seun van... 

lees meer oor BBP 150036

prentjie mooi!

Wie is aanlyn

We have 3 guests and no members online

Ons ondersteun

savemor

Genetics Logo

Andre Pretorius Fotografie

 

Trotse Lid van

bonsmara genootskap

Kontak ons

Louis vd Walt: 082 411 0796

Bouts Botha: 082 339 2471

Adres: Plaas De Ruigte, Vivo, Limpopo

GPS: 23°02’15.92”S & 29°17’03.05”O