2017 Produksie Veiling

15 September 2017, om 11:00 Te Plaas De Ruigte, Vivo, Limpopo

Hier is daai voorblad bul!  Hy is donker, diep, breed en vol vleis oral.  Sy los vel om sy nek hou ons baie van.  Sterk kloue, goeie stert aanhegting, skrotum en skede aanhegting tel as goeie plus punte vir hom.  Sy vaar BPJ090014 wat stam uit BHE000126 en FCT000065. Sy moeder BBP120083 stam uit AG040289 aan vaderskant. 

Breedte en diepte met die eerste oogopslag. Alhoewel die bul die tweede jongste bul van die veilings aanbod is, kan mens nie anders om te wonder hoe hy oor twee jaar sal lyk nie. Sy vaar DBP100115 is laas jaar aan AL3 Boerdery verkoop. Hy is op sy beurt ‘n seun van AG060160, wat sy stempel afgedruk het in ons kudde. Daar is nog 3 van sy seuns op vanjaar se veiling. Al drie van hulle is top bulle. Sy moeder, BBP120089 het ook onlangs weer gekalf met ‘n bulkalf soortgelyk aan BBP150084. BBP150084 beskik oor top syfers wat reg deur die bank bo ras gemiddeld is. Ons is trots om so ‘n bul aan te bied. ‘n Gunsteling en ‘n bul om na te kyk. Sy moeder spog dan ook met ‘n reproduksie indeks van 125/2 kallers en haar moeder 120/4 kallers. Goeie teelmateriaal.

 

Ons ondersteun

savemor

Genetics Logo

Andre Pretorius Fotografie

 

Kontak ons

Louis vd Walt: 082 411 0796

Bouts Botha: 082 339 2471

Adres: Plaas De Ruigte, Vivo, Limpopo

GPS: 23°02’15.92”S & 29°17’03.05”O