Dit is weereens ‘n voorreg om ons veiling met so ‘n top bul te open. BBP150192 is ‘n lang, goed bespierde bul wat enige beesboer/liefhebber se hart sal laat vinniger klop.

‘n Baie donker rooi bul met ‘n reguit top lyn en goeie bouvorm. Hy het gladde haar en donker pigment. Hy is ‘n seun van AG100092 wie se oupa aan vader en moederskant AG980338 is.

Hy het als!! Hy het die “looks”, die syfers en die agterond!! BBP150351 het van geboorte af die oog gevang en nou twee en ‘n half jaar later staan hy nog steeds uit bo die res.

Hier is ‘n klipharde bul uit die stal van Up George Bonsmara. Gedurende die droogte toestande die afgelope 3-4 jaar het LAR110210 sy man gestaan en nog steeds soos ‘n bul gelyk deur die droogte.

Ons ondersteun

savemor

Genetics Logo

Andre Pretorius Fotografie

 

Kontak ons

Louis vd Walt: 082 411 0796

Bouts Botha: 082 339 2471

Adres: Plaas De Ruigte, Vivo, Limpopo

GPS: 23°02’15.92”S & 29°17’03.05”O