2018 Produksie Veiling

2018 Produksieveiling - 14 Sept 2018 om 11h00 te Plaas De Ruigte

Dit is weereens ‘n voorreg om ons veiling met so ‘n top bul te open. BBP150192 is ‘n lang, goed bespierde bul wat enige beesboer/liefhebber se hart sal laat vinniger klop.

Nie so lank gelede nie het ons altyd daarvan gepraat dat ‘n bul se bespiering en melk syfer nie klop nie. Hoe meer bespiering, hoe laer die melk syfer. Wel, hier is albei teenwoordig. Die bul beskik oor regtig al die goeie syfers wat hom ‘n bo-gemiddelde bul maak. BBP150192 se vaar, FCT100241 het ons op ons oorsponklike “A” koeie gebruik. Nadat ons gesien het hoe hy teël het ons besluit om hom op die “B” en SP koeie ook te gebuik en is hy nogsteeds ‘n staatmaker in ons kudde. Daar is vier van sy seuns op die veiling. Die een lyk soos die ander. Lot 2, 3 en 9 is die ander half broers van Lot 1. Kommersiële telers sal nie teleur gestel word nie. Geniet Hom!

 


2018 Produksie Veiling Gallery

Ons ondersteun

savemor

Genetics Logo

Andre Pretorius Fotografie

 

Kontak ons

Louis vd Walt: 082 411 0796

Bouts Botha: 082 339 2471

Adres: Plaas De Ruigte, Vivo, Limpopo

GPS: 23°02’15.92”S & 29°17’03.05”O