2018 Produksie Veiling

2018 Produksieveiling - 14 Sept 2018 om 11h00 te Plaas De Ruigte

Hier is ‘n mooi in verhouding bul wat aandag sal trek. Hy is lank, breed met ‘n vol agterkwart.

Sy goeie hoewe, kote, gladde vel en skrotum dra by tot hierdie bul se mooi prentjie. BBP150275 is dan ook die resultaat tussen Bosveld gene en Vrystaat gene. Sy vaar BBP100106, se vaar RCO060017 stam uit pure Bosveld Gene. Sy moeder LSV070015, wat stam uit CEF990259 is skoon Vrystaat gene. BBP150275 se vaar het vir ons goed geteel in die kudde en ons gebruik hom nog selektief in die K.I. programme. Ons dink dat syfer gewys is hy bo gemiddeld met goeie melk. BBP150275 sal ‘n positiewe invloed hê in enige kudde. Merk hom maar!

 


2018 Produksie Veiling Gallery

Ons ondersteun

savemor

Genetics Logo

Andre Pretorius Fotografie

 

Kontak ons

Louis vd Walt: 082 411 0796

Bouts Botha: 082 339 2471

Adres: Plaas De Ruigte, Vivo, Limpopo

GPS: 23°02’15.92”S & 29°17’03.05”O