2018 Produksie Veiling

2018 Produksieveiling - 14 Sept 2018 om 11h00 te Plaas De Ruigte

Hy het als!! Hy het die “looks”, die syfers en die agterond!! BBP150351 het van geboorte af die oog gevang en nou twee en ‘n half jaar later staan hy nog steeds uit bo die res.

Hy is geweldig lank en breed. Sy kop en bek met oog bespiering is alles teenwoordig. Sy skrotum is perfek met ‘n kort skede. Hy het goeie kloue, vel en haar met ‘n lang stert. Sy loop/gang is in orde. Sy syfers pas ook by hom en hy het goeie melk syfers. Sy vaar is JMP120159 wat tans in die Drakensberg by Normandien diens doen. Hy is ‘n seun van NFS080032 wat ook wel bekend is in die Bonsmara kringe. Hy was Nick Serfontein se duurste bul wat vir R700 000.00 verkoop was in 2010/11. JMP120159 het vir ons goed geteel en was ook ‘n lang, breë bul soos sy seun BBP150351. BBP150351 se moeder FCT040144 gebruik ons in ‘n embrio spoel program wat dan die kwaliteit van die koei beklemtoon. Ons behou ‘n semen aandeel in die bul. Hier is stoetgehalte, 100% deur en deur.BBP150351 is dan ook ‘n poena bul, ons is tans in die proses om dit geneties te toets en is nog die uitslag afwagtend vanaf Amerika. Die uitslag behoort voor die veilingsdatum bekend te wees.

 


2018 Produksie Veiling Gallery

Ons ondersteun

savemor

Genetics Logo

Andre Pretorius Fotografie

 

Kontak ons

Louis vd Walt: 082 411 0796

Bouts Botha: 082 339 2471

Adres: Plaas De Ruigte, Vivo, Limpopo

GPS: 23°02’15.92”S & 29°17’03.05”O