2018 Produksie Veiling

2018 Produksieveiling - 14 Sept 2018 om 11h00 te Plaas De Ruigte

Hier is ‘n klipharde bul uit die stal van Up George Bonsmara. Gedurende die droogte toestande die afgelope 3-4 jaar het LAR110210 sy man gestaan en nog steeds soos ‘n bul gelyk deur die droogte.

So dra hy dan ook sy gene oor in sy nageslag waarvan daar al reeds 51 kallers aangeteken is in die kudde. Nog ‘n paar is in die “pyplyn”. Ons voel dat hy sy deel bygedra het in ons kudde en dat die volgende kudde ‘n behoorlike getoetsde bul wat nog ‘n paar seisoene oor het, kan gebruik. LAR110210 se kalf geboorte gemiddeld is 36kg oor 51 kallers wat baie gemiddeld is. Gebruik hom egter net op groot koeie en nie verse nie. Verder praat die bul vir homself. ‘n Pragdier!!

 


2018 Produksie Veiling Gallery

Ons ondersteun

savemor

Genetics Logo

Andre Pretorius Fotografie

 

Kontak ons

Louis vd Walt: 082 411 0796

Bouts Botha: 082 339 2471

Adres: Plaas De Ruigte, Vivo, Limpopo

GPS: 23°02’15.92”S & 29°17’03.05”O