top of page
Bitterfontein Transparent (1).png

Bitterfontein Safaris is 'n pragtige plek in die hartjie van die bosveld wat grens aan die Mogol rivier net so oor die 40km vanaf Ellisras, Limpopo. Met 'n rustige atmosfeer is dit die ideale wegbreek vir die jagter saam met sy vriende of saam met die hele gesin. Wild soos Livingston Elande, Nyala's, Koedoe's, Gemsbokke, Waterbokke, Blouwildebeeste, Bosbokke, Blesbokke en Rooibokke is volop op die plaas vir die jagter. Kameelperde, volstruise en varke is ook beskikbaar.
 
Net vir die mooi is daar ook Gouewildebeeste. Daar is ook pragtige Hardekole, die mooiste rooibos bome en verskillende voël spesies te sien. Maraboe ooievaars, Visvangers en Visarende is maar net 'n paar om op te noem.
Natuurlik moet die visvang trommel om ook kom. Die rivier is aan die voet van die kamp en loopafstand weg (Wees net versigtig vir Krokodille en Seekoeie).
Die kamp is pragtig in die natuurskoon sodat jy die bosveld kan ervaar. Met Luukse beddegoed, ten volle toegeruste kombuis, lieflike stoep en 2 boma's is Bitterfontein net 'n groot lekkerte.

 
Kom geniet gerus ons Bosveld Gasvryheid of jy nou kom jag of net wegbreek.

Bespreek by:

082 339 2379
corneavanderwalt@gmail.com
  • Facebook

Sekere fotos is nie bedoel vir sensitiewe kykers nie.

bottom of page